
=====================================================================
'Bubbelbad' borrel (AV 7:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

'Bubbelbad' borrel

ONS LESERS SKRYF

Prof. Hans Ester, Katholieke Universiteit, Nijmegen, Nederland.

TOE ek in 1998 in Kaapstad was, het ek orals die woord jacuzzi gehoor. Dit het iets met 'n bad te doen gehad, maar in weerwil van die les 
van die Middeleeuse Parsifal, het ek versuim om te vra wat jacuzzi presies beteken.

Gelukkig het my dierbare vriende Roy en Corli in Tamboerskloof my trots vertel dat hulle nou ook 'n jacuzzi het en dit graag vir my wil 
wys. Uiteindelik: die waarheid! Hulle neem my in hul weelderige tuin waar tussen boomvarings en ander tropiese plante 'n gewone "badkuip" 
geplaas is.

Dit was dus vir my duidelik: 'n jacuzzi is 'n bad in 'n idilliese tuinomgewing. Net Corli se verwysing na die gesondheidsaspek van so 'n 
bad was vir my ietwat oordrewe, veral as ek aan die Kaapse winters gedink het. Ek het aansluitend gedink dat die "Bird's Bath" in die 
Kirstenbosch Botaniese Tuin seker 'n voorloper van die jacuzzi is.

Alles het goed inmekaar gesit totdat 'n koerantberiggie in Augustus 1999 sake deurmekaar gekrap het. Daarin word vermeld die dood van ene 
mev. Rosie Jacuzzi, oudste lid van die Italiaans-Amerikaanse familie wat die beroemde "bubbelbaden" (in Nederlands) ontwerp het. Die 
Jacuzzi's was blykbaar vliegtuigbouers, maar het daarmee misluk. Later het hulle vir 'n familielid wat aan rumatiek gely het, 'n borrelbad 
ontwerp. Dit het hulle begin bemark en jacuzzi het later die produk en onderneming se naam geword. Dit word in die taalkunde 'n eponiem 
genoem.

Dit het uiteindelik vir my verklaar waarom taalbewuste Afrikaanssprekers 'n Amerikaanse woord oorgeneem het, terwyl "borrelbad" wel in 
Afrikaans aanvaar word.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7224.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 2000 /// Gee kans! Afrikaans se saak groei wreldwyd (AV 7:2) /// 
Trust het miljoene geskenk (AV 7:2) /// Kursus in Afrikaans (AV 7:2) /// Limeriek I (AV 7:2) /// 'Kom ons lees en laat lees' (AV 7:2) /// 
Limeriek II (AV 7:2) /// Vroeg in nuwe eeu (hoofartikel) (AV 7:2) /// In memoriam Ds. Flip van der Westhuizen (AV 7:2) /// Sebrastrepe s 
hul s vir Afrikaans (AV 7:2) /// Oor Afrikaans klap woord en weerwoord (AV 7:2) /// Tyd van liefh het aangebreek (AV 7:2) /// Man met 
swart baret se woorde rinkink (AV 7:2) /// 'Losing my religion' (AV 7:2) /// Taalslordigheid berokken skade (AV 7:2) /// Limeriek III (AV 
7:2) /// 'Etse! Tjeend gaan met grrawater uit!' (AV 7:2) /// Dans uit vergange se dae (AV 7:2) /// Nergensland (AV 7:2) /// Nag vol 
feeste! (AV 7:2) /// Duitser berig in Afrikaans uit Europa (AV 7:2) /// Staande ovasie vir Afrikaans (AV 7:2) /// Duitse toewyding 
toegespits op Afrikaans (AV 7:2) /// Ambassade reik kosbare CD uit (AV 7:2) /// 'Bubbelbad' borrel (AV 7:2) /// Waar's daai gogga? (AV 7:2) 
/// Wind van voor is niks nuuts nie (AV 7:2) /// Afrikaans en die jeug (AV 7:2) /// Hoe praat jy met tieners? (AV 7:2) /// Onthou om nie te 
vergeet nie (AV 7:2)

